Skip to main content

Posts

Showing posts with the label vreugde

Het jy die een gehoor van Van der Merwe en die verlore skaap?

Op ’n gebedstaptog, ’n paar weke gelede, het ek die lang pad van oor die 70 km na Murraysburg toe aangepak. Die eensame grondpad het tussen die berge deur gekronkel en vroegoggend tot in ’n digte populierbos gedraai. Die vallei was oortrek met honderde ontsaglike groot bome. Terwyl ek tussen die enorme boomstamme loop, hoor ek die wonderlike geluid van die wind wat van ver deur die boomtoppe aankom en reg bo my verby suis. Veel later daardie oggend het die grondpad steil geraak en uiteindelik bo-oor ’n berg geloop. ’n Paar uur later was daar ’n lang afdraande langs ’n diep ravyn en ’n digte bos bome. Ek het weereens die wind in die boomtoppe gesoek toe ’n paar perde tussen skaduwees uitkom en al spelende voor my verby galop. Ek het in my opgewondenheid nie eers die motor langs my hoor stilhou nie. ’n Rustige vrede het neergedaal en skielik het ’n stem agter my gevra: “Waar op aarde stap jy so heen?” Ek het verskrik omgeswaai en die boer het uitgebars in die aansteeklikste lekker lag wa