Skip to main content

Posts

Showing posts with the label middel van die land

Wonderwerke wat volg op die geloofspad

Legkaartstukkie uit Boshof “Oom Theuns om die hoek, is 85 en woon al vir jare hier. Hy sal verseker vir jou meer oor die middelpunt van Suid-Afrika hier in Boshof kan vertel.”  Ek was op ’n gebedstaptog om by 12 beweerde middelpunte van Suid-Afrika aan te doen. Die doel was om telkens vas te stel watter impak en betekenis die middelpunt plaaslik het en hoe dit hierteenoor geestelik verstaan kan word.  Oom Theuns het na my verduideliking oor die staptog geluister en sonder aarseling erken: “My Middelpunt is Jesus”. Hy het my later van nog ’n ander middelpunt in die land vertel; een wat nie op my lys was nie. Dit was ’n legkaartstukkie; en my lys middelpunte het gegroei na dertien.  Oom Theuns is ’n maand later oorlede. Was ons ontmoeting dalk ’n voorbestemde afspraak? Daardie legkaartstukkie was ’n nalatenskap wat ek van Oom Theuns verkry het, en het my drie maande later op my volgende tog gelanseer. Dit was ’n ysige winters-oggend toe die Here in my hart lê om daardie legkaartstukkie t