Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Toonverwarmers

Koue tone warm harte

Verdwaal in die Sneeuberge Ek het tot vandag toe, (waar daar slegs 153 dae van 2021 oor is), vir niemand vertel van die verdwaal en wat een ysige nag in die Sneeuberge gebeur het nie. Daar was nog nie sneeu op die berge nie, maar die winterkoue was alreeds goed op pad. Ek het laatmiddag langs die pad ’n skeur in ’n rotswand raakgesien wat as windskuiling vir die nag kon dien.  Ek het daardie gebedstaptog van 306 km (dubbel 153 km) in gehoorsaamheid sonder my tent of my warm slaapsak aangepak. Ek het geglo dit was hoe God wou hê dat ek daardie pad moes bewandel. Daardie tweede aand was dan ook die laaste van die 10-dae tog wat ek buite sou slaap. Die vorige aand het ek na ’n skouspelagtige donderstorm in die natgereënde veld tussen groot plasse water oorgeslaap. Daar van die vallei af het ek ’n verkeerde afdraai geneem en vir die res van die dag die berge in- en opgestap. Op daardie snerpend koue aand het ek al my klere bo-oor mekaar aangetrek en onder die bivvie-seiltjie in die rotsske