Skip to main content

Koue tone warm harte

Verdwaal in die Sneeuberge

Ek het tot vandag toe, (waar daar slegs 153 dae van 2021 oor is), vir niemand vertel van die verdwaal en wat een ysige nag in die Sneeuberge gebeur het nie.

Daar was nog nie sneeu op die berge nie, maar die winterkoue was alreeds goed op pad. Ek het laatmiddag langs die pad ’n skeur in ’n rotswand raakgesien wat as windskuiling vir die nag kon dien. 

Ek het daardie gebedstaptog van 306 km (dubbel 153 km) in gehoorsaamheid sonder my tent of my warm slaapsak aangepak. Ek het geglo dit was hoe God wou hê dat ek daardie pad moes bewandel. Daardie tweede aand was dan ook die laaste van die 10-dae tog wat ek buite sou slaap. Die vorige aand het ek na ’n skouspelagtige donderstorm in die natgereënde veld tussen groot plasse water oorgeslaap. Daar van die vallei af het ek ’n verkeerde afdraai geneem en vir die res van die dag die berge in- en opgestap.

Op daardie snerpend koue aand het ek al my klere bo-oor mekaar aangetrek en onder die bivvie-seiltjie in die rotsskeur ingekruip. Ek het ’n rukkie geslaap, maar later die nag weer opgestaan en aangestap om te sien of daar nie iewers bietjie meer skuiling teen die vriesende winde was nie. Uit pure moegheid het ek later teen ’n plaashek gaan sit en weer aan die slaap geraak.

Ek het wakker geword van my lyf wat onbeheersd ruk en bewe. Dit was ysig koud en dit het gevoel of my voete besig was om in my tekkies op te vries. Vir die eerste keer in 19 jaar se ekstreem staptoestande was daar ’n noodsituasie. Ek moes iets doen om te verhoed dat my tone letterlik afvries. Die tekkies waarmee ek gestap het, het geen beskerming teen die wind en die koue gebied nie.

Met stokstywe hande het ek bibberend my rugsak se bande losgetrek. Ek was in die stikdonker op soek na iets wat ek al vir jare in my rugsak saamdra en nog nooit nodig gehad het om te gebruik, tot daardie nag nie.

Dit was ’n present wat ek op ’n gebedstaptog in Nieu-Zeeland by iemand gekry het. Die bedoeling was om dit daar op die berge in die sneeu te gebruik. Dit was gelukkig toe nie daar nodig nie. Dit kon slegs een keer in ’n noodsituasie gebruik word; en daardie oomblik het na14 jaar aangebreek.

Ek het die klein plastieksakkie uitgehaal en die oopgemaak. Daar was heel moontlik ’n vervaldatum maar ek kon maar net hoop dat die toonverwarmers nog sou werk. Om dit te aktiveer moes die seël oopgebreek word deur die flappie op die gomkant af te trek. Daarna vind ’n chemiese reaksie plaas wat die klein plat kussinkie vuurwarm verhit. Dit word dan teen jou kous onder jou tone vasgeplak word.

Hierdie toonverwarmers se gom was al opgedroog en ek het getwyfel of dit na al die jare nog sou werk. Ek het dit onder my tone van beide skoene ingeskuif en van pure koudkry weer begin aanstap.

Die dag het begin breek en die ryp op die gras het wit weerkaats. Ek het tree vir tree die hitte onder my voete begin voel. Die toonverwarmers het begin werk. 

Daardie staptog het ’n grootse impak op my gehad, en ek het baie van God in daardie 10 dae geleer. Die getuienis wat daaruit gekom het, het baie mense baie diep aangeraak.

Alhoewel ek tot vandag toe, vir niemand vertel het, wat daardie ysige nag in die Sneeuberge gebeur het nie, het God alles gesien. Hy het in mense se hart gewerk om my weer te bedien met die volgende uit Sy Vaderhart:

  • Iemand het uit een deel van die land geskryf en my daarvoor bedank dat sy in die gees kon saamstap – “sonder die koue en uitdagings”. Sy kon vanuit ’n genadespasie saam leer om God beter te verstaan, te hoor en te sien. Dit was vir my kosbaar en ek het God gedank dat ek in daardie vreeslike koue iemand anders kon bemoedig en bedien. Al was dit net vir daardie een persoon se onthalwe dat ek so koud gekry het, was dit die moeite werd.

  • Nadat ek tuisgekom het van daardie gebedstaptog, het daar ’n pakkie vanuit ’n ander deel van die land by my aangekom. In die pakkie was ’n paar skaapvel pantoffels met ’n boodskap: “Jy wat so bereid is om die skoene van  bereidheid vir die evangelie aan te trek het soms sagte sole nodig om moeë voete te verkwik. Hierdie slippers het my dadelik aan jou laat dink. Skaapwol aan die voete wat herinner aan Vader wat die Herder is en ons as skape wat Sy Stem ken en volg … Ek stuur vir jou Warm-Voete.” Sy was nie seker watter grootte skoen ek dra nie, toe vat sy ’n nommer 13. Ek dra ’n nommer 13 skoen. Dit pas perfek.

Die ysige nag in die Sneeuberge … God het dit alles gesien!
Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. (Psalm 34:16)



Comments

Popular posts from this blog

The pastors-puzzle prayer-walk

Standing at the closed gate of Fisherman's Village, I needed to phone reception to open the gate. The sun was bright and I couldn't see the screen of my phone clearly. I pressed the wrong button and dialled the wrong number. William answered - he is one of two pastors who I met during a recent Holy Spirit conference - we were both delegates! It was good to hear his voice and we had a short chat. The gate opened and I entered the main office. There was a visitor - another delegate from the conference. The other of the two pastors whom I met at the conference! Both of the two pastors - not only brought to my remembrance, but brought into contact in person! How WOW is that ... Coincidence? I don't think so! ... and now I am inviting you to follow me online in my quest to see what God has in mind for me and the 2 pastor friends. Prayer-walking from William's house in Soweto to Pitso's place off the Dikhololo road on the other side of Brits. On the previous

"Ancient wells" Prayerwalk

After prayerwalking from Kimberley to Gariep dam with that profound first day spanning 66km to the centre of South Africa, Father laid on my heart to do another prayerwalk: Kimberley to Kuruman. To my question "What is in Kuruman", He answered I should do some research. Keeping in mind that the 66 books point to the bible and how I felt to pray that the bible will become central again. Actually more than central - the centre and the cornerstone in schools, business, government, and even many churches. Where Petrusburg was first founded in the middle of South Africa, the fountain dried up. The town was relocated to its current position 20 km away. The fountain in the middle of South Africa dried up! Kuruman, in the dry expanse of the Kalahari basin boasts an inexhaustible sweetwater fountain.  It has never dried out, even in the longest drought periods. It produces 20 million litres of water  daily. The first bible in Africa was p

13 Churches ... 13 August ... ONE Prayer

I am organising a prayerwalk through a local community. I have counted and included 13 churches on the route and we will pray for each church as we pass them by. The invitation I make to members of those churches is that if they feel the area needs prayer, they can join in at any of the sections on the route. There are various distances - ranging from 100 meters onwards. A real exciting thing in this is that they may meet someone from a different church who prays the same as they do. But the most exciting will be that we will go out onto the streets, walking and talking to the Lord. Some prayers are prayed just under our breath like a whisper, some just in our thoughts and some out loud and some even in song and some even just as the Holy Spirit leads us ... I encourage them just to come and pray as they feel comfortable. I tell you this because you can be part of this ... even though many of the names on this mailing list are in countries all over the world - we know the Lord is not b