Skip to main content

Wonderwerke wat volg op die geloofspad

Legkaartstukkie uit Boshof

“Oom Theuns om die hoek, is 85 en woon al vir jare hier. Hy sal verseker vir jou meer oor die middelpunt van Suid-Afrika hier in Boshof kan vertel.” 

Ek was op ’n gebedstaptog om by 12 beweerde middelpunte van Suid-Afrika aan te doen. Die doel was om telkens vas te stel watter impak en betekenis die middelpunt plaaslik het en hoe dit hierteenoor geestelik verstaan kan word. 

Oom Theuns het na my verduideliking oor die staptog geluister en sonder aarseling erken: “My Middelpunt is Jesus”. Hy het my later van nog ’n ander middelpunt in die land vertel; een wat nie op my lys was nie. Dit was ’n legkaartstukkie; en my lys middelpunte het gegroei na dertien. 

Oom Theuns is ’n maand later oorlede. Was ons ontmoeting dalk ’n voorbestemde afspraak? Daardie legkaartstukkie was ’n nalatenskap wat ek van Oom Theuns verkry het, en het my drie maande later op my volgende tog gelanseer.

Dit was ’n ysige winters-oggend toe die Here in my hart lê om daardie legkaartstukkie te bedink. Oom Theuns se beskrywing van hoe om by die 13de middelpunt te kom was eenvoudig: Stap 40 km uit Kimberley op die pad na Schmidtsdrift. Daar sal jy ’n swartgeverfde seeleeu-rots langs die pad sien staan. Van die seeleeu-rots af is die middelpunt, op ’n reguit lyn, presies drie kilometer Suid.

Ek het gebid en gevra waar ek moes begin. Ek het in my hart gevoel om by ’n winkel met die naam “The Faith Shop” te begin stap. Die winkel is om die hoek van die Groot Gat in Kimberley. Ek het ook gevoel dat ek daarna reg om die Groot Gat moes stap.

The Faith Shop

Was dit die regte pad soos op die Here se hart? 

Ek stap met ’n wonderbaarlike getuienis waar God baiemaal my pad met die getal “153” bevestig. Die Groot Gat is toegekamp met ’n veiligheidsheining en ek het teerpadlangs omgestap. Die afstand was presies 2,46 km wat gelykstaande is aan 1,53 myl!

Die plunderaars en die smid

Die oggend wat ek uit Kimberley begin stap het, was die hele land gedompel in onsekerheid weens die grootskaalse plundery wat vroeër daardie week uitgebreek het. Ek het gedink hoedat iemand na die Groot Gat verwys het as die grootste monument ter ere van die mens se grypsug. ’n Grootskaalse plundertog van 43 jaar waar fortuinsoekers vanoor die wêreld altesaam 2722 kg diamante met pikke en grawe uitgegrou het; en ’n 17 hektaar grootte krater met ’n diepte van 240 m in die aardkors agtergelaat het. Van die klein berg of heuwel wat voor 1871 daar gestaan het, is daar geen teken oor nie.

Tydens gebedstaptogte soek ek gewoonlik na so veel as moontlik leidrade oor wat dalk op God se hart mag lê. In Jesaja 54:10 staan daar “Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.”

Dit gee vir my hoop!

’n Vriend het vir my ’n ander bybelvers (ook in Jesaja 54) uitgewys wat iets sê oor die plunderaar en die pad na Schmidtsdrift! In Jesaja 54:16 staan daar “Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.”

God se doelwit

Die koue oggendwind het deur my siel gesny en ek het die 40 km na Schmidtsdrift aangepak. My doelwit was om teen die aand reeds daar te wees. Teen sononder was ek skaars 15 km buite Kimberley. My doelwit was ’n mate in kilometers; God se doelwit was die vier mense wat ek op die pad raakgeloop het, saam met wie ek elkeen ’n beduidende deel van die dag moes spandeer. Dit laat ’n mens nederig voel.

Die laaste van hierdie vier mense met wie ek tyd moes spandeer se motor het langs die pad onklaar geraak. Hy het op die presiese plek gestaan waar ek aangekom het toe die son agter die horison wegsak. Ek het vooraf met my vrou gereël dat sy my langs die pad sou kom optel wanneer die son gesak het, sodat ons in Kimberley by vriende kon oorslaap. Sy sou my dan die volgende oggend weer op dieselfde plek gaan aflaai.

Die aandluggie was alreeds yskoud en die man het slegs ’n dun hempie aangehad. Sy voertuig kon glad nie beweeg nie en hy moes ’n onderdeel in sy wiel-as vervang. Daar was geen onderdele-winkels in Kimberley oop nie. Hy was 200 km van sy huis in Kuruman af.

Ek kon hom nie net daar los nie. Ek het vir hom een van my warm baadjies gegee en my vriend in Kimberley gebel om te hoor of hy dalk kon help om die onderdeel iewers in die hande te kry.

Die man wou nie sy voertuig langs die pad los vir die nag nie. Hy bang was dat mense dit sou plunder. Ek en my vrou het gebid dat God ’n bepaalde persoon sou stuur om hierdie man in nood te help. Ek het nie geweet hoe enigiemand op daardie koue aand gehoorsaam sou wees om te stop om en help nie. Ek en my vrou het teruggery dorp toe om te kyk of ons die onderdeel vir hom kon afhaal. By ons vriende aangekom, hoor ons dat die onderdeel eers die volgende dag beskikbaar sou wees. Ons vriende het nog besoekers gehad, en almal in die huis wou graag help. Ek is toe ’n kort rukkie later (per motor) daar weg met ’n feesmaal van almal se bydraes vir die vreemdeling langs die pad. Kos, lekker warm sop en ’n -5º C gegradeerde slaapsak vir die snerpende koue wat deur die nag verwag was, en nog gereedskap wat hy kon gebruik om sy motor te herstel.

Hy kon nie sy oë glo toe daar, instede van plunderaars, ’n stroom van seëninge opgedaag het. 

Maar dit was nog nie die einde! Ek het hoogs verbaas uitgevra oor wie die man was wie se motor ook daar langs die pad gestaan het. Hy vertel dat, terwyl ek weg was, daardie motor oorkant die pad gestop het. Nee, nie eintlik net gestop het nie, maar eintlik presies net daar sonder brandstof gaan staan het. Hierdie man, wat in Kimberley woon, het sy vrou gebel om vir hom brandstof te bring. Hy het ook ’n vriend wat presies dieselfde model motor het, wat kan help met die onderdeel. 

Ons het gebid en God het ’n voorafbepaalde man gestuur om te help!

Toe ek die volgende oggend van daar af begin stap het, was daar net ’n hopie klippe waarmee die man sy motor gestut het langs die pad te siene. Die man wat oorkant hom gaan staan het, wat eintlik die antwoord op ons gebed was, se naam is Johnny. Sy naam beteken “God is gracious”

Dit gee vir my hoop!

Halfkop: middelpunt van Suid-Afrika op die oos-wes-lyn langs die pad sonder lyne

Dertig kilometer van Kimberley af lees ek iets op ’n naambord wat my in my spore laat vassteek. Die koppie met sy ruwe kranse was alreeds vir die grootste deel van die oggend op die horison sigbaar. Op die naambord by die ingang van die plaas is daar ’n foto van die koppie met die woorde: “Halfkop” – geografiese middelpunt van Suid-Afrika.

My lys van middelpunte het so pas vermeerder na 14 toe en hierdie middelpunt profeteer iets uit die hart van Suid-Afrika:

  • Die naam Halfkop is afgelei van die feit dat ’n deel daarvan vroeër weggegrawe is vir pad-opvuldoeleindes. Die rotsagtige heuwel is klein gemaak om die dale in die pad op te vul:
    ’n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God! Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ’n gelykte en die rotsagtige plekke ’n laagte word. (Jes 40:3)

  • Die ligging van Halfkop as middelpunt van Suid-Afrika is gebaseer op die koördinate wat op die Oos-Wes-lyn val. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. (Psalm 103:12)

  • Halfkop is geleë op die plaas New Kingston. Uit die ou Engels beteken die naam Kingston “koninklike nedersetting”. Ons moet ons gedagtes vernuwe sodat die Erekoning opnuut die middelpunt in ons geestelike lewe as koninklike nedersetting sal bewoon.
    Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare - Hy is die Erekoning! (Psalm 24:9-10 Afr1953)

Ek het vir ’n oopte tussen die bosse en bome langs die pad uitgekyk vir ’n beter uitsig om ’n foto van die koppie te neem. Toe ek uiteindelik die foto neem, was daar nog ’n padteken wat in die voorgrond wat baie beduidend was. Dit was ’n waarskuwingsteken dat daar geen lyne op die pad is nie.



Geen lyne! Watter lyne is daar, en watter is nie daar in jou middelpunt nie. Ek het gaan kyk watter lyne in die Bybel beskryf word.

  • Gevegslyne
    Is jou middelpunt ’n plek van struweling of is dit ’n plek van rus en vrede?

  • Lyne van bouwerk
    Is jou middelpunt ’n plek van plundery of is dit ’n plek waar opgebou word?

  • Vislyne
    Is jou middelpunt die plek van vissers van mense?

  • Graan in rye geplant
    Is jou middelpunt ’n plek van saai en oes?

  • Wagte in lyne
    Is jou middelpunt ’n plek van veiligheid en orde.

  • Skietlood
    Is jou middelpunt ’n plek van noukeurige uitvoering en balans?

  • Meetsnoerlyne
    Is jou middelpunt ’n plek waar God Sy seën gebied?

  • Pantserlyne
    Is jou middelpunt die vesting van ’n verharde hart?

  • Lyne op die priesterskleed
    Is jou middelpunt ’n plek vanwaar jy mense bedien?

  • Lyn van woorde
    Is jou middelpunt ’n plek waaruit edel gesprekke en rein woorde ontspring?

  • Lyne in die tempel
    Is jou middelpunt ’n plek van aanbidding?

  • Goddelike leërmag in lyne
    Is jou middelpunt ’n plek van gehoorsaamheid?

  • 'n Lyn van bome
    Wat is die vrug wat uit jou middelpunt voortspruit?

  • In lyne op die muur
    Is jou middelpunt ’n plek van voorbidding
Hierdie is ’n uitdaging, maar dit gee my hoop!

Die seeleeurots



Ek het aangestap en sowat 2 uur later uiteindelik by die swartgeverfde seeleeu-rots langs die pad aangekom. Van die rots af is die middelpunt, op ’n reguit lyn, presies drie kilometer in 'n suidelike rigting.

By nadere beskouing sien ek toe dat die rots eintlik handgemaak is. Die kunstenaar se naam staan onderaan: “AH Addison, 1962” Die merker vir die middelpunt is gemaak deur ’n man met die van Addison wat, uit die Skots, beteken “son of Adam”. So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees. (1 Kor 15:45) En hier word die eerste Adam die rigtingwyser na die laaste Adam as die geestelike Middelpunt van die land.

Hierdie middelpunt, wat 40 km van Kimberley af is en vandaar nog drie kilometer Suid, sê iets wat ons dalk in die gees moet hoor. Jesus was vir drie dae dood, waarna Hy opgestaan het en na 40 dae opgevaar het na die hemel toe. In hierdie tyd, tydens Sy derde verskyning aan Sy dissipels, het Hy vir Petrus, wat Hom drie maal verloën het, drie maal gevra om te bevestig dat hy Hom lief het. Hy het hulle verhouding drie maal herstel, waarna Hy vir Petrus drie maal in sy amp herstel het. (Johannes 21:15-17)

Soos daardie onderdeel wat om die wiel-as draai, moet alles om Jesus, ons Middelpunt gaan. Dan sal ons Sy heerlikheid aanskou, en in Hom, die Vader, en Sy genade en waarheid.

En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid. (Joh 1:14)

Comments

Popular posts from this blog

The pastors-puzzle prayer-walk

Standing at the closed gate of Fisherman's Village, I needed to phone reception to open the gate. The sun was bright and I couldn't see the screen of my phone clearly. I pressed the wrong button and dialled the wrong number. William answered - he is one of two pastors who I met during a recent Holy Spirit conference - we were both delegates! It was good to hear his voice and we had a short chat. The gate opened and I entered the main office. There was a visitor - another delegate from the conference. The other of the two pastors whom I met at the conference! Both of the two pastors - not only brought to my remembrance, but brought into contact in person! How WOW is that ... Coincidence? I don't think so! ... and now I am inviting you to follow me online in my quest to see what God has in mind for me and the 2 pastor friends. Prayer-walking from William's house in Soweto to Pitso's place off the Dikhololo road on the other side of Brits. On the previous

"Ancient wells" Prayerwalk

After prayerwalking from Kimberley to Gariep dam with that profound first day spanning 66km to the centre of South Africa, Father laid on my heart to do another prayerwalk: Kimberley to Kuruman. To my question "What is in Kuruman", He answered I should do some research. Keeping in mind that the 66 books point to the bible and how I felt to pray that the bible will become central again. Actually more than central - the centre and the cornerstone in schools, business, government, and even many churches. Where Petrusburg was first founded in the middle of South Africa, the fountain dried up. The town was relocated to its current position 20 km away. The fountain in the middle of South Africa dried up! Kuruman, in the dry expanse of the Kalahari basin boasts an inexhaustible sweetwater fountain.  It has never dried out, even in the longest drought periods. It produces 20 million litres of water  daily. The first bible in Africa was p

13 Churches ... 13 August ... ONE Prayer

I am organising a prayerwalk through a local community. I have counted and included 13 churches on the route and we will pray for each church as we pass them by. The invitation I make to members of those churches is that if they feel the area needs prayer, they can join in at any of the sections on the route. There are various distances - ranging from 100 meters onwards. A real exciting thing in this is that they may meet someone from a different church who prays the same as they do. But the most exciting will be that we will go out onto the streets, walking and talking to the Lord. Some prayers are prayed just under our breath like a whisper, some just in our thoughts and some out loud and some even in song and some even just as the Holy Spirit leads us ... I encourage them just to come and pray as they feel comfortable. I tell you this because you can be part of this ... even though many of the names on this mailing list are in countries all over the world - we know the Lord is not b